top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sakesektor en Cosatu stamp kop oor beplande nasionale staking

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 7, 2024
1 min read

Die sakesektor en die vakbondfederasie Cosatu stamp kop oor die stakingsertifikaat wat uitgereik is vir Maandag se nasionale staking. Die sertifikaat is luidens berigte amper sewe jaar gelede uitgereik. Cosatu het in Augustus 2017 die eerste keer goedkeuring vir ’n staking oor swak ekonomiese groei by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad gekry en dieselfde sertifikaat vir daaropvolgende stakings gebruik. Daar is geen wetgewing wat sê dat die stakingsertifikaat kan verval nie. Business Unity South Africa het egter hierteen beswaar gemaak en sê Cosatu moet nie toegelaat word om die stakingsertifikaat te gebruik nie, en dat die beplande landwye staking op die misbruik van stakingsaksies neerkom.

 
 
 

Comments


bottom of page