top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SAL 'staar steeds ernstige bankrotskapsrisiko’s in die gesig'

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 45 minutes ago
  • 1 min read

Die VF Plus waarsku dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) steeds ernstige bankrotskapsrisiko’s in die gesig staar ten spyte van sy jongste finansiële state wat positief lyk.


Die party sê die skynbare verbetering is grootliks te wyte aan die verkoop van Heathrow-landingsgleuwe om kontantvloei te bevorder.


Volgens die Ouditeur-Generaal het die SAL se laste gestyg tot nege-komma-vier-miljard rand, terwyl kommer oor volhoubaarheid en finansiële bestuur steeds voortduur. Die lugredery staar ook probleme in die gesig, insluitend swak rekordhouding, ongemagtigde besteding en onsekerheid oor bedryfskoste.


Die VF Plus sê slegs privatisering kan belastingbetalers permanent verlig van die las om die SAL te ondersteun.


Die lugredery staar ook probleme in die gesig, insluitend swak rekordhouding, ongemagtigde besteding en onsekerheid oor bedryfskoste.. FOTO: Facebook
Die lugredery staar ook probleme in die gesig, insluitend swak rekordhouding, ongemagtigde besteding en onsekerheid oor bedryfskoste.. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page