top of page

SAL-stakings hou hul vlugte op die grond

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 5, 2024
  • 1 min read

Reisigers wat van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gebruik maak om by hul bestemmings uit te kom, gaan vertragings vir ‘n onbepaalde tyd ondervind. Vakansiegangers sal veral teleurgesteld wees aangesien die lugdiens se Vlieëniersvereniging saam met die National Transport Movement van Donderdag 5 Desember af staak tot ’n onbepaalde datum. News24 berig dit volg nadat besprekings oor salarisverhogings Woensdag 4 Desember ’n dooiepunt bereik het. Die SAL-woordvoerder, Khaya Buthelezi, verduidelik dat hulle alternatiewe vlugte vir hul passasiers sal reël. Terwyl Buthelezi nie kan bevestig hoeveel inkomste SAL per dag verloor weens die staking nie, is reisagentskappe ingelig oor die situasie saam met alternatiewe tydelike reëlings.

 
 
 

Comments


bottom of page