top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Salarisse kan onafhanklikheid van regbank beïnvloed

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 9, 2024
1 min read

Ondanks die salarisverhoging vir regters en landdroste verlede week, is die internasionale vereniging van regters van mening dat Suid-Afrikaanse regters nie voldoende vergoed word nie. Die parlement se Justisiekomitee het ‘n presidensiële bepaling van ‘n twee-komma-vyf persent verhoging in die salarisse vir regters en ʼn vier-komma-vyf persent verhoging vir landdroste vir hierdie boekjaar goedgekeur. Die Internasionale Vereniging van Regters sê die vergoeding van regters moet voldoende en gereeld hersien word sodat hul salarisse op gelyke voet met ander staatsamptenare bly - aangesien dit die onafhanklikheid van die regbank kan beïnvloed.

 
 
 

Comments


bottom of page