Salga braak gal oor munisipaliteite se fondse
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 10 hours ago
- 1 min read
Die munisipale vereniging, Salga, het sterk gereageer teen die aankondiging dat altesaam 75 munisipaliteite landwyd nie dié maand die sogenaamde “billike deel” van die landsbegroting - wat die nasionale tesourie aan hulle moet uitbetaal - gaan kry nie. Dit omdat hulle glo nie hul finansies op ʼn verantwoordelike wyse bestuur nie.
Maroela Media berig Salga bevraagteken die proses wat die tesourie gevolg het. Munisipaliteite steun swaar op dié uitbetalings, veral omdat hulle sukkel om die skuld van verbruikers, ondernemings en selfs regeringsdepartemente in te vorder.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dat Salga sê daar is verskeie tekortkominge in die tesourie se proses.
LUISTER:
Salga voeg by die munisipaliteite wat wel aan die vereistes voldoen het, en wie se reaksie aanvaarbaar was, se uitbetalings moet onmiddellik gedoen word.






Comments