top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Salga wil Aarto se uitbreiding keer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging, Salga, het die Hooggeregshof in Pretoria genader om die tweede fase van die implementering van die Aarto-wet te stop.


Die wet verskuif die administrasie van verkeersboetes van die howe na 'n administratiewe stelsel.


Salga sê munisipaliteite verkeer reeds onder ernstige finansiële druk en kan nie die bykomende verantwoordelikhede sonder 'n volhoubare befondsingsmodel hanteer nie.


Die vereniging voer ook aan dat die Departement van Vervoer nie behoorlik met munisipaliteite oor die implementering gekonsulteer het nie.


Ter illustrasie. FOTO: Freight News
Ter illustrasie. FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page