top of page

SALT vier twee dekades van sterrekundige ontdekkings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 12, 2025
  • 1 min read

Afrika se grootste optiese teleskoop, die Suider Afrikaanse Groot Teleskoop, of beter bekend as SALT, vier vanjaar 20 jaar van sterrekundige ontdekkings.


Die teleskoop, geleë in Sutherland in die Noord-Kaap, kan lig waarneem van sterre en sterrestelsels wat ’n miljard keer te dof vir die menslike oog is.


SALT, wat in 2005 deur oudpresident Thabo Mbeki geopen is, bly een van die wêreld se kragtigste teleskope.


Wetenskaplikes sê dit het Suid-Afrika as wêreldleier in sterrekunde gevestig en ontsluit steeds geheime van die heelal.


‘n Viering van hierdie mylpaal is die week deur SALT, die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, en die Nasionale Navorsingstigting aangebied.


FOTO: Department of Science and Innovation
FOTO: Department of Science and Innovation

 
 
 

Comments


bottom of page