top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sambok leer Wes-Kaapse polisiebeampte 'n harde les

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 22, 2024
1 min read

'n Polisieman, Konstabel Jaco Justin Oktober, is in die Lutzville-landdroshof in die Wes-Kaap op borgtog van R2 000 vrygelaat nadat hy na bewering ‘n 13-jarige seun in die aanhoudingselle met ‘n sambok geslaan het. Maroela Media berig dat die seun vir diefstal in hegtenis geneem is. Die polisiebeampte het vermoedelik die seun in sy gesig, op sy bene en oor sy rug geslaan. Terwyl die saak tot 29 Oktober uitgestel is, is een van die borgtogvoorwaardes dat die polisiebeampte nie in die Lutzville-omgewing mag wees totdat hy weer in die hof moet verskyn nie.

 
 
 

Comments


bottom of page