Samewerking is nodig om werkloosheid in die Vrystaat aan te pak
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 27
- 1 min read
Samewerking tussen die regering en die private sektor is noodsaaklik om die hoë vlakke van werkloosheid in die Vrystaat te verminder.
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het dié beroep gedoen tydens ’n werkgewerseminaar wat in Welkom gehou is.
Meth het met werkgewers en sakeleiers in gesprek getree en beklemtoon dat die regering nie alleen volhoubare ekonomiese groei en werkskepping kan dryf nie.
Sy het beide die private en openbare sektore aangemoedig om saam te werk om meer geleenthede vir jong Suid-Afrikaners te skep en hulle in die arbeidsmark op te neem.








Comments