Samewerking tussen Centlec en verskeie wetstoepassingsorganisasies lewer positiewe resultate
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 24, 2025
- 1 min read
Die samewerking tussen Centlec se sekuriteitspan, die polisie, privaat sekuriteitsmaatskappye, buurtwagte en die gemeenskap lewer positiewe resultate en het tot veelvuldige inhegtenisnames gelei. Drie mans is in Botchabelo in hegtenis geneem na hulle airdac-kabels geknip het. Nog twee verdagtes is inhegtenis geneem na polisie-beamptes hulle langs die spoorlyn in James Dickstraat met ‘n swaar voorwerp sien loop het. Hulle is by naby die Skougrondbrug onderskep, waar ‘n vermoedelike gesteelde 11kV-stroombrekerbeheermagneet met ‘n beraamde waarde van R300 000 in hul besit gevind is. In nog ‘n geval het een van Centlec se ondersoekbeamptes ‘n wenk ontvang en na ‘n ondersoek is ‘n verdagte met ‘n LV-koper geleier in sy rugsak gevind. Die verdagte word aan nog ‘n saak gekoppel. Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer sê in ‘n mediaverklaring samewerking is van kritieke belang in die stryd teen kabeldiefstal en vandalisme.






Comments