Sanitêre produkte 'is veilig om te gebruik'
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 8
- 1 min read
Updated: Mar 9
Kenners sê vroue en meisies kan gerus wees dat dit steeds veilig is om sanitêre produkte te gebruik.
Dit is Sondag tydens ’n media-inligtingsessie gesê waar gesondheids- en navorsingskundiges reageer het op ’n studie, gedoen deur die Departement Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat, oor chemikalieë wat in sommige sanitêre produkte gevind is.
Volgens kenners van verskeie Suid-Afrikaanse navorsings- en kliniese instellings is die vlakke van sogenaamde endokrien-ontwrigtende chemikalieë wat in die studie opgespoor is baie laag.
Hulle sê ook die studie het geen direkte verband bewys tussen die chemikalieë en gesondheidsprobleme by vroue of meisies nie.
Daar word bygevoeg regulerende owerhede sal intussen voortgaan om die veiligheid van hierdie produkte te monitor, soos wat reeds voor die studie die geval was.






Comments