top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse politici is nog ‘n tree nader

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 24, 2025
1 min read

Te midde van die toenemende diplomatieke krisis tussen die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse regerings, beskryf AfriForum ‘n Amerikaanse kongreskomitee se goedkeuring van ’n wetsontwerp as ’n positiewe ontwikkeling in die belang van die mense van Suid-Afrika. Luidens ‘n mediaverklaring van AfriForum sal die wetsontwerp die implementering van geteikende sanksies teen korrupte en ekstremistiese Suid-Afrikaanse politici moontlik maak. Ronny Jackson, ’n kongreslid van Texas, het die wetsontwerp, amptelik getiteld die U.S.-South African Bilateral Relations Review Act of 2025, in April vanjaar ter tafel gelê. Die wetsontwerp sal nou in die Huis van Verteenwoordigers gedebatteer en gewysig word voordat ’n stemming daaroor gehou sal word. Indien die wetsontwerp hier goedgekeur word, sal dit aan die Senaat voorgelê word vir finale oorweging.

 
 
 

Comments


bottom of page