top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SANParke doen 'n beroep op besoekers om waaksaam te wees

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 9, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (oftewel SANParke) doen 'n beroep op besoekers om ekstra versigtig te wees terwyl hulle buitemuurse aktiwiteite gedurende die feesseisoen geniet. Primedia berig SANParke se oproep tot waaksaamheid kom nadat van sy parke, soos Tafelberg en Krugerwildtuin, in die kollig was toe verskeie gaste die afgelope jaar die slagoffers van kriminele aktiwiteite geword het. Om dit teë te werk, het SANParke gesê hy het veiligheid oor die feestyd geprioritiseer deur onder meer, 'n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te vorm. Die organisasie het ook meer as 112 veldwagters met verskeie spesialiteite ontplooi.  Tafelberg Nasionale Park is die park wat die meeste in Suid-Afrika besoek word, en lok jaarliks ​​4,2 miljoen mense.

 
 
 

Comments


bottom of page