top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SanParke verwag derduisende mense in Krugerwildtuin hierdie week

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 11, 2024
1 min read

SanParke sê hy verwag minstens 30 000 besoekers by die Krugerwildtuin as deel van vanjaar se SanParkeweek. Die 19de SanParkeweek duur tot Sondag. In dié week kan dagbesoekers gratis besoek bring aan die meeste van die 21 nasionale parke in die land. Die woordvoerder van SanParke, Ike Phaahla, sê aan SABC-nuus veiligheidsbeamptes is ontplooi om wet en orde te handhaaf. Hy sê hulle word veral in brandpunte ontplooi, en hulle sal vergesel wees van polisielede en soldate. Phaahla sê die wetstoepassers sal toesien dat die Wildtuin se regulasies nagekom word, en dat die spoedbeperking van 50 kilometer per uur op teerpaaie en 40 kilometer per uur op grondpaaie gehandhaaf word.

 
 
 

Comments


bottom of page