top of page

SANRAL waarsku teen valse ’n gerug oor spoedwette

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 14
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANRAL) sê ’n boodskap wat tans op sosiale media versprei word oor nuwe spoedbeperkings, is vals. Volgens SANRAL se hoofbestuurder vir kommunikasie en bemarking, Vusi Mona, beweer die valse boodskap dat SANRAL vanaf 1 Julie nuwe snelwegwette sal instel, insluitend laer spoedgrense vir stedelike en landelike paaie, snelweë, swaar voertuie en skoolsones. Arrive Alive berig,Mona sê SANRAL het geen mag om wetstoepassing te doen nie en fokus slegs op die ontwikkeling en instandhouding van nasionale paaie. Die publiek word gevra om enige verdagte kommunikasie aan SANRAL aan te meld. Die agentskap moedig ook die media aan om navrae aan hul perskantoor te rig indien hulle twyfel oor enige sogenaamde amptelike aankondigings.

 
 
 

Comments


bottom of page