top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Santa Shoebox-projek maak weer kinders gelukkig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2024
1 min read

Suid-Afrikaners het weereens die jaar bymekaar gekom om minderbevoorregte kinders regoor die land en in Namibië te ondersteun. Die Santa Shoebox projek het amper vyf-en-sewentig-duisend skoenboks-skenkings ontvang. Primedia berig dat meer as 1,3 miljoen kinders die afgelope vyf jaar deur die projek geraak is. Skenkers wat virtuele Santa Shoeboxes belowe het, het verseker dat kinders in afgeleë gebiede hul geskenke ontvang, terwyl hulle ook tot langtermynveranderinge bygedra het. Die opbrengs van hierdie beloftes ondersteun direk die Santa Shoebox se Legacy-inisiatiewe. Die inisiatiewe fokus op die bou en opgradering van vroeë kinderontwikkeling sentrums in verarmde gemeenskappe regoor Suid-Afrika.

 
 
 

Comments


bottom of page