SAOG-staatshoofde fokus op migrasie

Aug 17
1 min read
Staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal na verwagting Maandag tydens hul beraad in Durban op migrasie fokus.
SABC-nuus berig Suid-Afrika het voorgestel dat die saak op die hoogste vlak bespreek word.
Malawi se twee vise-president van die SAOG se troika oor politiek,verdediging en veiligheid, Enock Chihana sê ledelande moet saamwerk om stabiliteit in die streek te bewerkstellig.
Intussen is veiligheidsmaatreëls in Durban en by die beraad verskerp weens beplande betogings.
Die drukgroepe March and March en Operasie Dudula beplan om optogte te hou om hul ontevredenheid oor ongedokumenteerde buitelanders aan die streeksleiers van die SAOG oor te dra.









Comments