SAPD slaan toe op vermeende onwettige mynbou

May 17, 2025
1 min read
’n Man is in Thabong in hegtenis geneem vir die besit van ongeslypte edelmetale, vermeende goudhoudende materiaal en toerusting vir goudverwerking. Luidens ’n polisieverklaring volg die inhegtenisname ná ’n klopjag deur die SAPD en private sekuriteitsmaatskappye as deel van Operasie Vala uMgodi. Die span het ná ’n wenk uit die gemeenskap op ’n huis naby Welkom toegeslaan. Hulle het drie goudklonte, byna 26 kg goudhoudende materiaal en verskeie stukke toerusting gekry. By ’n ander terrein is vyf goudhoudende klonte, verbode kos en plofstof gekonfiskeer. Die gesamentlike operasie teen onwettige mynbou in die Vrystaat toon goeie vordering met verskeie suksesvolle klopjagte en beslagleggings.








Comments