SAPU kritiseer die hantering van polisiebeamptes se inhegtenisnemings
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 26
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond (SAPU) het skerp kritiek gelewer op die wyse waarop die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (IDAC) onlangs polisiebeamptes in hegtenis geneem het.
SAPU sê in ’n mediaverklaring hulle is bekommerd dat die optrede daarop gemik was om beamptes in die openbaar te verneder, eerder as om bloot hul verskyning in die hof te verseker. Die vakbond beklemtoon dat inhegtenisneming nie as straf of vernedering gebruik moet word nie, maar slegs as deel van die regsproses.
Die verklaring volg ná die inhegtenisneming van 12 SAPD-lede in Gauteng.
SAPU voeg by dat, hoewel beamptes aanspreeklik gehou moet word, hulle steeds die reg het om met waardigheid behandel te word en as onskuldig beskou te word totdat skuld bewys is.








Comments