top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SASSA-begunstigdes moet dringend na die Post Bank swart kaart oorskakel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 28, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) het begunstigdes wat nog nie van die goue kaart na die Post Bank swart kaart oorgeskakel het nie, versoek om dit dringend te doen. Volgens SABC News volg dit op twee verlengings van die sperdatum wat nou op 30 April sal wees. Tot dusver het 1,3 miljoen van die land se 2,6 miljoen begunstigdes die oorskakeling suksesvol gemaak. Waarnemende uitvoerende hoof van SASSA, Themba Matlou, sê hulle is vol vertroue dat alle begunstigdes teen die sperdatum sal oorskakel, maar voeg by die uitdaging is dat baie begunstigdes tot op die laaste oomblik wag.

 
 
 

Comments


bottom of page