Sassa-begunstigdes worstel met kaartvervanging
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 14, 2025
- 1 min read
Die menseregte-organisasie Black Sash is bekommerd oor die uitdagings wat Sassa-begunstigdes ondervind om hul goudkaarte voor die sperdatum van 28 Februarie te vervang. IOL berig daar is verkeerde inligting oor waar kaarte uitgeruil kan word, terwyl sommige aangewese plekke nie eens bestaan nie. Lang toue, netwerkprobleme en onopgeloste betalingskwessies vererger die situasie. Sommige begunstigdes met Postbank se nuwe swart kaart ontvang kort betalings en kry geen hulp nie. Sassa-woordvoerder Andile Tshona erken sekere gebiede ondervind probleme, en hulle werk saam met Postbank om ook mense in afgeleë gebiede te help. Die regering oorweeg moontlik om die sperdatum te verleng, maar Black Sash waarsku dat duisende steeds sonder hul toelaes kan sit.







Comments