Sassa-betalings gaan ondanks ‘n hofgeding voort
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 13
- 1 min read
Sassa het begunstigdes verseker dat toelaebetalings sal voortgaan ondanks ’n voortgesette regsgeding met Postbank.
Die saak is in die Konstitusionele Hof aangehoor nadat Postbank Sassa se besluit om hul dienste-ooreenkoms te beëindig, betwis het.
Die hof het intussen gelas dat Postbank moet voortgaan om betalings te verwerk terwyl die saak voortduur.
Rosestad-nuus het vroeër berig die saak hou groot implikasies in vir die land se maatskaplike bystandstelsel wat elke maand miljoene kwesbare begunstigdes ondersteun.








Comments