Sassa dank amptenare oor bedrog af
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 17
- 1 min read
Vier Sassa-amptenare is afgedank nadat 'n interne ondersoek hulle met bedrog van R33 miljoen verbind het.
Volgens 'n mediaverklaring het die ondersoek bevind dat die amptenare glo saam met eksterne sindikate die toelaestelsel gemanipuleer het.
Die vier het by die Nebo-plaaslike kantoor in Limpopo gewerk. Hulle het teen hul afdanking geappelleer, maar die besluit is gehandhaaf.
Sassa sê hy volg 'n geen-verdraagsaamheidsbenadering teen bedrog en korrupsie om te verseker dat toelaes die regmatige begunstigdes bereik.








Comments