top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sassa en Postbank stamp koppe oor diensfooie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Sassa en Postbank is in ’n geskil gewikkel oor beweerde skuld van R116 miljoen wat met diensfooie verband hou.


Volgens berigte het die konflik ontstaan ná die kansellasie van ’n langdurige ooreenkoms wat Postbank die hoofverspreider van maatskaplike toelaes gemaak het.


Postbank het na bewering met regstappe gedreig, terwyl Sassa aanvoer dat die kontrak onbillik is.


Die agentskap sê ook daar is kommer oor die wettigheid van die ooreenkoms, soos deur die Ouditeur-Generaal uitgelig.


Die geskil kan ’n invloed hê op miljoene toelaagbegunstigdes wat op Postbank-dienste staatmaak.


Ter illustrasie. FOTO: IOL
Ter illustrasie. FOTO: IOL

 
 
 

Comments


bottom of page