top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sassa hersien sy betalingsreëling vir November weens die verkiesing

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) hersien sy betalingsreëling vir November se toelae. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November sal plaasvind.


Maroela Media berig volgens die oorspronklike rooster sou die toelae vir ouer persone op 3 November betaal word, gevolg deur die ongeskiktheidstoelae op 4 November en die kindertoelae op 5 November. Die vierde betalingsdag van 6 November is aangedui vir begunstigdes wie se toelaes onder hersiening is.


Sassa sê die aanvanklike reëling word nou in oorleg met die betrokke belanghebbendes heroorweeg. ’n Hersiene betalingskedule is nog nie aangekondig nie.


Ter illustrasie. FOTO: IOL
Ter illustrasie. FOTO: IOL

 
 
 

Comments


bottom of page