top of page

Sassa is op dié se spoor wat nie ander inkomste verklaar het nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 11, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) vra Suid-Afrikaners om alle bronne van inkomste eerlik te verklaar wanneer hulle aansoek doen vir toelaes.

’n Hersieningsproses is aan die gang om begunstigdes op te spoor wat moontlik ekstra inkomste nie verklaar het nie.

In Junie was daar weens ongerymdhede ’n oponthoud in uitbetalings aan meer as 200 000 mense.

Sassa sê die veldtog om mense bewus te maak van hul verantwoordelikhede het reeds goeie resultate gelewer.

 
 
 

Comments


bottom of page