Sassa-kaartverandering sal toelaes nie raak nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Maatskaplike toelaebetalings sal nie deur die oorgang van Sassa se goue kaarte na Postbank se swart kaarte geraak word nie.
Die nuwe minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê begunstigdes sal steeds hul maandelikse betalings in hul gekose bankrekeninge ontvang.
Sy voeg by haar departement, Sassa en Postbank werk saam om uitdagings met die kaartverandering op te los.
Daar word ook beplan om biometriese verifikasie in te stel en departementele stelsels te versterk om die veiligheid van die toelaebetalingstelsel te verbeter.








Comments