top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sassa se kaartvervangingsproses tydelik opgeskort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 17, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid – Sassa – het die proses om die ou goue kaart met nuwe swart Posbank-kaarte te vervang, tydelik opgeskort weens voldoeningskwessies wat deur die Reserwebank geopper is. SABC-nuus berig sowat een-komma-drie miljoen begunstigdes het nog nie hul ou goue kaarte na die nuwe swart Posbank-kaarte of alternatiewe bankkaarte oorgeskakel nie. Die Reserwebank het die goue kaarte se geldigheid tot 31 Mei verleng om ontwrigting met uitbetalings aan begunstiges te verhoed.

 
 
 

Comments


bottom of page