top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sassa sê begunstigdes moet op amptelike kennisgewings oor toelaehersienings reageer

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het begunstigdes gewaarsku dat hul betalings opgeskort kan word indien hulle nie op amptelike kennisgewings oor toelae-hersienings reageer en die vereiste stawende dokumente binne die voorgeskrewe tydperk indien nie.


IOL berig Sassa sê hersienings van toelaes is noodsaaklik om te verseker dat finansiële bystand diegene bereik wat daarvoor kwalifiseer en om onreëlmatige of bedrieglike betalings te voorkom.


Sassa voeg by hersienings is ’n noodsaaklike deel van die agentskap se pogings om die integriteit van die maatskaplikebystandstelsel te beskerm.


Ter illustrasie. FOTO: IOL
Ter illustrasie. FOTO: IOL

 
 
 

Comments


bottom of page