Sassa-toelaes nie gestaak, net vertraag
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 8, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) hou voet by stuk dat geen begunstigdes se toelae summier opgeskort is nie.
Dit nadat die agentskap besig is met ʼn hersieningsproses om begunstigdes te sif wat moontlik nie al hul inkomste verklaar het nie en dus nie vir ʼn toelaag kwalifiseer nie.
Volgens Maroela Media word toelaagbegunstigdes aangemoedig om Sassa-takke te besoek om hul inkomste te verifieer.
Intussen berig Newskoop begunstigdes wat hul inkomstebronne geverifieer het, kan vandag toelaagbetalings verwag.
Sassa se uitvoerende hoof, Themba Matlou, sê die hersiening is nie ʼn strafmaatreël om verdienstelike begunstigdes uit te sluit nie, maar ʼn poging om te verseker dat diegene wat die toelae ontvang wel in aanmerking daarvoor kom en staatsgeld nie misbruik word nie.






Comments