Satawu-kongres in Bloemfontein kritiseer ANC se vorming van RNE
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 14, 2024
- 1 min read
Afgevaardigdes by die sesde nasionale kongres van die vervoervakbond Satawu in Bloemfontein het die ANC se besluit om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm, gekritiseer. SABC-nuus berig hulle sê die besluit is eensydig geneem en sluit politieke partye in wie se beleid nie strook met die belange van werkers nie. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, was een van die sprekers by die kongres. Hy sê ‘n eenheidsregering was die beste oplossing na die ANC swak vertoning in die Mei-verkiesing. Die vakbond sal tydens die kongres die nie-betaling van salarisse aan lede wat vir private maatskappye werk, bespreek, asook die privatisering van staatsentiteite.





Comments