top of page

SAUK beloof om vrae oor Afrikaanse nuus binne kort te beantwoord

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 8
  • 1 min read

SAUK-woordvoerder Mmoni Ngubane het aan Netwerk24 erken dat sy vrae ontvang het oor die weggelate Afrikaanse nuusbulletin Saterdag aand om 18:15, en dat antwoorde binnekort verwag word. Die DA en AfriForum eis ook antwoorde oor die Afrikaanse nuusbulletin se skielike verdwyning op SABC2 die afgelope naweek. Volgens IOL sê DA-woordvoerder Willie Aucamp dat dié uitsending noodsaaklik is vir meer as 300 000 kykers en dat dit onmiddellik herstel moet word. Hy sê die party vra die SAUK vir duidelikheid oor of dit ’n eenmalige geval, ’n permanente besluit of iets anders is. AfriForum het intussen ’n klagbrief aan die SAUK gestuur waarin adjunk-uitvoerende hoof Alana Bailey sê Afrikaans is ’n amptelike taal en dat die nuusbulletin belangrike advertensie-inkomste inbring. ’n Kyker het aan Netwerk24 gesê dat die bulletin op Vrydagaande gewoonlik deur die nuusleser afgesluit word met die woorde: “Ons groet tot môreaand,” maar dat dit nie die afgelope Vrydagaand die geval was nie. Die SAUK het nog nie amptelik op vrae oor die skielike verandering gereageer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page