top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Schreiber probeer visumvrye reise na Oekraïne reël

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het aangekondig hy het 'n historiese ooreenkoms onderteken wat wedersydse visumvrye toegang tot Suid-Afrika en Okraïene aan houers van diplomatieke, amptelike en dienspaspoorte verleen. IOL berig Schreiber het die aankondiging op sosiale media gemaak en gesê Oekraïne is steeds 'n waardevolle bondgenoot en vriend, wat Suid-Afrika sedert die stryd teen apartheid ondersteun het. LEES MEER: Schreiber sê departement se witskrif moet by Grondwet aansluit Hy hoop dat President Cyril Ramaphosa die ooreenkoms binnekort sal onderteken om diplomatieke bande te versterk. Intussen het Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, Schreiber se aankondiging bevraagteken, aangesien die president nog nie die ooreenkoms formeel gemagtig het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page