top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘SEB is 'n belegging in stabiliteit en maatskaplike vrede’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 60 minutes ago
  • 1 min read

Breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging is nie ’n uitgawe nie, maar ’n belegging in stabiliteit en maatskaplike vrede. So sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula.


Hy meen die beleid gaan die aanslae van die media weerstaan.


Maroela Media berig Mbalula het Dinsdag op ’n mediakonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê geen koerantrubriek of sogenaamde swak saamgestelde navorsingsverslag gaan die land se mense uit deelname aan die ekonomie hou nie.


Mbalula sê Suid-Afrika bly die mees ongelyke land ter wêreld, met die rykste 10% wat sowat 86% van alle welvaart besit. Volgens hom is 'n ekonomie wat deur só ’n klein groepie besit word, nie net onregverdig nie, maar ook onstabiel en vorm die grondslag vir armoede en werkloosheid.


Hy beklemtoon dat SEB die aanvalle en die laster sal oorleef.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page