SEB kos Suid-Afrika biljoene rand, werksgeleenthede
- Armando Pieters

- Jun 12
- 1 min read
Daar word beraam dat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) Suid-Afrika R5 biljoen gekos het en tot die verlies van vier miljoen werksgeleenthede gelei het.
Dit is volgens ‘n nuwe studie deur die Vryemarkstigting en die Solidariteit Navorsingsinstituut. Die studie vergelyk Suid-Afrika se model met wêreldwye regstellendeaksie-beleide in Maleisië, Indië, Brasilië, die Verenigde State en Namibië.
Die navorsing het bevind dat Suid-Afrika se Swart Ekonomiese Bemagtiging meer indringend en skadelik vir die ekonomie was. Die verslag strook met ander navorsing oor verlore ekonomiese aktiwiteit.





Comments