Sekere Ford-voertuie is herroep

Jul 16
1 min read
Sekere Ford-voertuie is weens 'n moontlike transmissie- of ratkasfout herroep.
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê die herroeping raak 2026 Transit-, Transit Custom- en Tourneo Custom-modelle wat tussen verlede jaar en vanjaar verkoop is.
Die betrokke voertuie is ook na Botswana, Lesotho, eSwatini en Namibië uitgevoer.
Eienaars word aangeraai om hul naaste Ford-handelaar te kontak of die voertuie vir 'n inspeksie en, indien nodig, herstelwerk in te neem.









Comments