Sekere pakkies hoëbloeddrukmiddels word gerroep
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Sekere pakkies van ’n middel vir hoë bloeddruk van die apteekgroep Arya Pharma is deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) van die mark herroep.
Netwerk24 berig volgens Sahpra is die middels getoets en voldoen dit nie aan die spesifikasies nie. Dit word as ’n klas 2- lewensgevaarlike herroeping beskou, wat beteken dit kan tydelike of mediese omkeerbare gesondheidsprobleme veroorsaak of dat dit op verkeerde behandeling neerkom.
Die voorskrifmiddel is Enalapril en dit is die 10 mg-pil wat herroep word. Vier lotte wat in September en Oktober 2024 vervaardig is, is onttrek. Volgens ’n woordvoerder van Arya Pharma is bitter min van die produkte nog in omloop.
Raad moet by ’n dokter of apteker gekry word vir ’n plaasvervanger.








Comments