top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Selfs kragpale word gesteel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 24, 2025
1 min read

Volgens Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, loop Ferreira die afgelope twee weke onder vandalisme en diefstal deur, waar selfs die kragpale afgekap en gesteel is. In ‘n aanlynplasing versoek Centlec die gemeenskap om waaksaam te wees en om dié voorvalle te rapporteer. Intussen is beurtkrag na fase-4 verminder. Dit volg, volgens Eskom, op die suksesvolle herwinning van al vyf eenhede by Majuba, twee eenhede by Camden, en ‘n eenheid by Medupi. Hulle voeg by die aanvulling van die noodreserwes vorder ook goed.  Eskom sal na verwagting vanmiddag 'n vorderingsverslag verskaf.

 
 
 

Comments


bottom of page