top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sello More se dissiplinêre proses begin

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Updated: Jul 23

Dissiplinêre stappe teen die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, is tydens 'n spesiale raadsvergadering goedgekeur.


Bloemnuus-Express berig die DA se versoek om 'n dissiplinêre proses te begin is aanvaar en 'n onafhanklike ondersoeker moet nou binne sewe dae aangestel word.


Die ondersoek sal fokus op 18 bewerings wat onder meer verband hou met bevindings van die ouditeur-generaal, beweerde swak finansiële bestuur en die versuim om aan wetlike en raadsverpligtinge te voldoen.


More sal intussen in sy pos aanbly, aangesien die raad nie sy skorsing goedgekeur het nie.


Die ondersoeker se verslag moet binne 30 dae aan die raad voorgelê word.


Sello More. FOTO: Facebook
Sello More. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page