top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Senior partyleiers bedank uit EFF

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 10, 2024
  • 1 min read

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die feit dat sommige senior partyleiers bedank het, beteken nie dat dit die begin van die einde vir sy party is nie. Die mees onlangse bedanking onder senior geledere is dié van Dali Mpofu, wat die EFF se nasionale voorsitter was. Voor dit het die voormalige adjunk-president, Floyd Shivhambu, die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane en ook Mzwanele Manyi die Rooi Barette verlaat. Malema het aan SAUK-nuus gesê hulle vertrek beteken nie dat die party besig is om in duie te stort nie.

 
 
 

Comments


bottom of page