top of page

Ses jaar later is 'n albino-olifantkalfie 'n volwaardige troplid

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 9
  • 1 min read

Ses jaar nadat 'n albino-olifantkalfie in 'n strik gevang is, gaan dit baie goed met haar.


Good Things Guy berig Khanyisa is in 2020 uit die strik gered nadat sy skynbaar vir dae probeer loskom het en erg beseer is, en sterk sedertdien aan by die Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development (of HERD) sentrum.


Khanyisa was ongeveer vier maande oud, en nou is sy 'n sterk olifantkoei, vol selfvertroue, en 'n gevestigde lid van 'n trop.


HERD sê op hul Facebook-blad Khanyisa se trop het haar geleer hoe om 'n olifant te wees, en versorgers het elke tree van die pad saam met haar gestap.


Kliek hier om die video te kyk.


FOTO: Good Things Guy
FOTO: Good Things Guy






Comments


bottom of page