top of page

Ses mense is dood in 'n botsing naby Fouriesburg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 4
  • 1 min read

Ten minste ses mense is dood in 'n ongeluk op die R26-pad naby Fouriesburg in die Vrystaat.


Die ongeluk het Saterdagaand gebeur toe die jong bestuurder van 'n motor na bewering nie by 'n kruising gestop het nie en in 'n minibus-taxi vas gery het. Nooddienspersoneel en wetstoepassers het deur die nag gewerk om die toneel te beveilig en hulp aan die beseerdes te bied.


'n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring drie van die motor se vyf insittendes is op die toneel oorlede, terwyl twee na 'n hospitaal vervoer is. Van die 22 insittendes in die taxi is die bestuurder en twee ander op die toneel dood, verwyl die res na hospitale in Bethlehem en Bohlokong vervoer is.


Die oorledenes se identiteite kan nie bekend gemaak word tot hul naasbestaandes nie in kennis gestel is nie. 'n Saak van strafbare manslag is geopen.


Ter illustrasie. FOTO: Expatica
Ter illustrasie. FOTO: Expatica

 
 
 

Comments


bottom of page