top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ses verdagtes doodgskiet toe hulle ná transitorooftog op die vlug slaan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 8, 2024
1 min read

‘n Transitorooftog in Germiston het in ‘n bloedbad geëindig toe ses verdagtes doodgeskiet is terwyl hulle van die Valke en die polisie wou vlug. ‘n Sewende verdagte is ook ernstig in die oor-en-weer kietery gewond. Maroela Media berig die verdagtes was op die vlug nadat hulle ‘n geldwa beroof het. Lede van die polisiediens en Valke-beamptes is in die omgewing ontplooi in reaksie op inligting oor ‘n beplande transitorooftog. Die verdagtes het op beamptes losgebrand toe hulle die wegkomvoertuig wou voorkeer. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n paal gebots toe die skote klap. Dieselfde voertuig, is vroeër in Brooklyn in Pretoria as gesteel aangemeld. Geregsdienaars het op 'n AK47, vier handwapens en 'n geldtrollie beslag gelê.

 
 
 

Comments


bottom of page