top of page

Sesde hofaansoek teen NGV ingedien

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 5
  • 1 min read

n Hofaansoek is teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingedien om die soeklig te laat val op die koste van die stelsel.

Dit is die sesde hofaansoek teen die NGV-wet, wat net meer as 'n jaar gelede deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is.

News24 berig die navorsingsfirma Genesis Analytics het ontleed hoe die R941 miljard gefinansier gaan word. Een opsie is om BTW te verhoog.

Volgens Genesis sal die BTW-koers van 15% tot 36% verhoog moet word, maar die onlangse ervaring met BTW toon dit is polities en ekonomies onbereikbaar.

Dit beteken belastingbetalers sal meer as dubbeld moet betaal wat hulle tans betaal.

Selfs indien aangeneem word dat huidige medieseskemabydraes na die NGV oorskuif, gaan besteebare inkomste met tussen 12% en 33% daal.

 
 
 

Comments


bottom of page