Seta hersien die afdanking van beweerde fluitjieblasers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 20
- 1 min read
Die administrateur van die Dienstesektor-onderwys- en opleidingsowerheid (Seta), Lehlogonolo Masonga, sê die entiteit hersien die afdanking van drie voormalige werknemers.
Die werkers, wat tussen 2017 en 2020 ontslaan is, beweer hulle is geteiken nadat hulle onreëlmatighede en wanadministrasie blootgelê het.
Masonga sê hy het ná sy aanstelling in Augustus verlede jaar regsadvies ingewin en onafhanklike hersienings laat doen.
Volgens hom dui die bevindinge daarop dat die werknemers moontlik onregverdig behandel is en dat dit verband kan hou met beskermde openbaarmakings.








Comments