top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Seta kry pak slae oor swak samewerking

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Die Kultuur-, Kuns-, Toerisme-, Gasvryheids- en Sportsektor-onderwys- en opleidingsowerheid (Seta) word gekritiseer omdat hy glo nie genoeg doen om die toerisme- en gasvryheidsbedryf te ondersteun nie.


Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Toerisme, Ronalda Nalumango, het dit gesê ná ’n inligtingsessie met die entiteit.


Dit het na vore gekom dat daar tans geen aktiewe vennootskappe is tussen Seta, die Departement van Toerisme en die Toerisme-sakeraad nie.


Nalumango sê dit is onaanvaarbaar en wek kommer oor of opleidingsprogramme werklik by die bedryf se behoeftes aansluit.


Die komitee beveel nou aan dat die Seta dringend saam met rolspelers werk om ’n omvattende vaardigheidstrategie vir die sektor te ontwikkel.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page