top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Seun oorleef krokodilaanval, word in hospitaal wakker

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 27, 2025
  • 1 min read

Die sewejarige seun, Jahandré Blom, wat sy linkerarm in ’n krokodilaanval naby Brits verloor het, het in die hospitaal wakker geword. Volgens Maroela Media is Jahandré Vrydagmiddag deur ’n krokodil by ’n visvangoord by Roodekopjesdam aangeval terwyl hy in die vlak water gespeel het. Daar het hy sy linkerarm in die aanval verloor. Alhoewel hy nou buite lewensgevaar is, was hy sedert die aanval onder verdowing. Klein Jahandré is nog onseker oor wat presies met hom gebeur het en is deur die pynmedikasie en verdowingsmiddels baie deurmekaar. Blykbaar kan die wond nog nie toegemaak word nie en moet dit gereeld skoongemaak word om infeksie te beheer. Die Blom-gesin bedank al die ondersteuning wat hulle van buite ontvang het.

 
 
 

Comments


bottom of page