top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sewe in hegtenis nadat hulle die reg glo in eie hande neem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 6, 2024
  • 1 min read

Die polisie het 'n deurbraak gemaak in hul ondersoek na drievoudige moord in Kraaifontein toe sewe verdagtes vermoedelik die reg in hul eie hande geneem het. Eyewitness News berig die drievoudige moord het in Wallacedene, ‘n woonbuurt in Kraaifontein, plaasgevind. Terwyl die motief nog onbekend is word hulle verwag om in die Blue Downs Landdroshof te verskyn sodra hulle aangekla word. Die polisie se Andre Traut het gesê om die reg in eie hande te neem word sterk veroordeel en diegene wat onder die indruk is dat hulle daarmee kan wegkom, dit moet heroorweeg.  

 
 
 

Comments


bottom of page