Sewe is dood in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Sewe mense is dood in twee afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad.
eNCA berig in die eerste insident het gewapende verdagtes Tafelsig in Mitchells Plain op vyf mans buite 'n spaza-winkel losgebrand. Drie slagoffers is op die toneel dood verklaar, en twee ander is vir mediese behandeling na 'n hospitaal vervoer.
In 'n afsonderlike insident het die polisie op 'n skietery by 'n woning in Philippi-Oos gereageer, waar sewe mense geskiet is. Vier slagoffers het aan hul beserings beswyk.
Die polisie sê die motief vir die skietery is in hierdie stadium onbekend.








Comments