Sewentien verdagtes is nou in hegtenis ná ‘n moord in Fouriesburg

Oct 15
1 min read
Die Vrystaatse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die vermeende moord deur ’n skare op ’n skaapwagter by die Mashaeng-gemeenskapweiding naby Fouriesburg.
Die slagoffer is na bewering in September doodgeslaan nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n lam gesteel het.
Die jongste inhegtenisnemings bring die totale aantal verdagtes op 17 te staan.
Die vyf nuwe verdagtes sal na verwagting op 20 Oktober in die Fouriesburg-landdroshof verskyn vir ’n borgtogaansoek.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Thabang Lesia, het mense wat die reg in eie hande neem veroordeel, en gemeenskappe aangemoedig om verdagtes aan die polisie oor te lewer.









Comments